Oproep vir bydraes: 5de Swart Afrikaanse skrywerssimposium, UWK

09-10-2025

 

Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek, Universiteit van Wes-Kaapland kondig met trots die 5de Sas-byeenkoms aan.

Die Departement word die afgelope 40 jaar met dié simposium verbind wat 'n duidelike spoor in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis gelaat het.

 

Die Sas-byeenkoms word vanaf 9-11 Oktober 2025 aangebied. Soos in die verlede is die vertrekpunt 'n bestekopname van “swart skryfwerk in Afrikaans”. Deelnemers word uitgenooi om bydraes oor hierdie onderwerp, wat so wyd moontlik geïnterpreteer kan word, te lewer.

Deelname behels:

  • (a) individuele voordragte
  • (b) paneelaanbiedings
  • (c) plakkaataanbiedings
  • (d) kreatiewe aanbiedings

 

TEMATIESE VERTREKPUNTE
Die volgende temas is rigtinggewend. Die begrip “skryfwerk” hieronder moet wyd geïnterpreteer word en behels alle vorme van geskrewe, mondelinge, musikale en dramatiese vormgewing.

  • Die inpassing en geskiedenis van swart Afrikaanse skryfwerk in die Afrikaanse, Suid-Afrikaanse en internasionale kultuurlandskappe;
  •  Feminisme, geslagtelikheid in die swart Afrikaanse belewing;
  • Ekologie in swart Afrikaanse skryfwerk;
  • Ambag en produksie in swart Afrikaanse skryfwerk: sosiale media, TV, radio, gedrukte publikasies;
  • Taal, skryfwerk en identiteit;
  • Taalvariasie, skryfwerk en plek;
  • Genre, opvoering, en mondelinge tradisies.

 

Datum vir indiening van abstrakte: 15 Mei 2025
Sas-byeenkoms e-pos: uwk.sas@gmail.com
Datum: 9-11 Oktober 2025
Plek: Universiteit van Wes-Kaapland, Bellville
Sameroepers: Dr. Marni Bonthuys (mbonthuys@uwc.ac.za) & Prof. Steward van Wyk (svanwyk@uwc.ac.za)

Meer